
Algemene Vrae:
Bly Ingelig
Wat is die minimum arbeids loon by plaaswerkers?
2023 - 2024
Minimum loon vir plaas arbeiders is:
R4 414.46 (5per week, per maand)
R5 947.82 (6per week, per maand)
R1 016.80 (5dae per week, 8ure per dag)
R1 372.68 (6dae per week, 9ure per dag)
R203.36 (8 ure per dag)
R228.78 (9 ure per dag)
R25.429 Per uur
*Neem asseblief kennis van Sektorale Vasstelling 13: Huiswerkers wat op plase bly en in huis werk, moet dieselfde loon as plaaswerkers betaal word.
UIF is uitstaande, wat is die regte roete om te volg? Waar en hoe registreer ek as werkgewer?
AAG hanteer al hierdie kwessies vir jou. Ek besoek self die arbeids departement, die kliënt hoef glad nie self soontoe te gaan nie. Dit is alles deel van die pakket.
Indien jy nog nie geregistreer is nie, hanteer ek ook al hierdie kwessies vir jou. Die maandelikse indiening van al die vorms. Maw, as werkers kom en gaan, moet dit by die UIF kantore gewysig word. Dit beïnvloed die uitstaande UIF.
AAG is in die Vrystaat: Hoe sou AAG kliënt hanteer wat 300km ver sou wees?
AAG bied 'n pasgemaakte pakket aan elke kliënt:
1e Besoek aan nuwe kliënt is gratis. Daarna word AA tariewe gehef.
Indien 'n bestaande kliënt 'n nuwe kliënt verwys na AAG, kry bestaande kliënt 'n gratis besoek.
Indien besoeke gedoen word, sal AAG alle kliënte kontak in 'n radius vir 50km, hulle inlig van voorgenome besoek, en kilo's en tarief kan gedeel word tussen kliënte.
Alle werk word aanlyn gedoen. Alle verslae word maandeliks per e-pos aangestuur.
Indien 'n kliënt 300km+ ver is, kan 'n ooreenkoms met die eienaar aangegaan word. Die eienaar handel altyd in belang van die kliënt.
